Hoe Doen Mens Dit?

OneDrive - Deel van lêers en dokumente

Share files and folders and change permissions

Gaan na OneDrive toe

Artikel met vergunning van Microsoft: http://windows.microsoft.com/en-za/onedrive/share-file-folder

Jy kan OneDrive gebruik om foto's, dokumente en ander lêers met ander mense te deel.

 

 

Op die OneDrive webwerf:

  • Kies die lêer of gids wat jy wil deel deur die boks in die boonste regter hoek van die item te kies. Jy kan ook verskeie items kies om met hulle te deel.

  • Tik of kliek op 'Share' aan die bokant van die bladsy, en kies dan 'n deel-opsie:

Nooi mense uit

Kry 'n skakel

Publseer op Facebook

INooi mense uit

Kies hierdie opsie as jy wil hê om vir spesifieke individue of groepe toestemming gee na 'n item toe. Dit laat jou toe om toestemming vir spesifieke individue of groepe verwyder later indien nodig.

  1. In die 'To' boks, tik in e-pos addresse of kontak name. Wanneer jy begin te tik kan jy ook 'n kontak kies van die lys wat verskyn.

  2. Plaas 'n nota by vir die ontvangers indien nodig.

  3. Om die toestemmingsvlak te verander, kliek op 'Recipients can only view' of 'Recipients can edit'. Indien jy 'Recipients can edit' kies, kan ontvangers die dokumente direk met Office Online aanlyn wysig sonder om in te teken. Om ander wysigings aan te bring (byvoorbeeld dokumente te werwyder of aan te bring), dan moet ontvangers inteken met 'n Microsoft rekening. Indien jy 'Recipients can edit' kies en 'n ontvanger stuur die boodskap aan, dan kan enige persoon wat dit ontvang die item wysig wat jy deel.

    As altyd wil hê dat ontvangers moet aanteken met 'n Microsoft-rekening (selfs om die item wat jy deel te sien), kies 'Recipients need to sign in with a Microsoft account'. Dit sal help verhoed dat ander mense toegang tot die verdeelde item verkry as 'n ontvanger jou boodskap aanstuur.

  4. Kliek 'Share' om die toestemmingsvlakke te spaar en 'n boodskap te stuur met 'n skakel na die item toe.

Nota

  • Jy kan mense nooi sonder om te weet wat hulle Microsoft rekeninge is, selfs al kies jy 'Recipients need to sign in with a Microsoft account'. Jy kan enige e-pos adres gebruik vir mense wanneer jy hulle die boodskap stuur. As jy toestemming vergun aan 'n item met mense wat nie 'n Microsoft-rekening het nie, dan kan hulle gratis een skep.

 Kry 'n Skakel

Kies hierdie opsie vir items wat jy gaan deel met baie van die mense wat jy dalk nie eens persoonlik ken nie. Byvoorbeeld, kan jy hierdie skakels gebruik om te pos op Facebook, Twitter, of LinkedIn. Jy kan dit ook gebruik in 'n e-pos of IM, maar jy het nie soveel beheer oor individuele regte nie.

  1. Kies die tipe skakel wat jy wil hê. Die toestemmingsvlak vir die item word outomaties opgedateer wanneer jy die skakel skep.

    'View only' (Sien net)
    Wanneer jy items deel met hierdie tipe skakel, dan kan mense jou items sien sonder om in te teken. Hulle kan ook die skakel aanstuur na ander mense toe.

    Edit (Wysig) 
    Wanneer jy items met hier tipe skakel deel, dan kan mense jou items sien en gebruik in Office Online om die dokumente te wysig, sonder om in te teken. Om ander aanwysings te maak, byvoorbeeld om lêers of dokumente te skep of te verwyder, dan sal hulle moet inteken met 'n Microsoft-rekening. Mense kan 'n aanwysings-skakel aanstuur na ander mense toe, en enigiemand wat die skakel ontvang sal dan aanwysings kan maak.

    Public (Publiek) 
    'n Publieke skakel is soos 'n 'View only' (Sien net) skakel, maar dit laat ook toe dat enigiemand die item kan vind deur 'n soektog. As jy hierdie opsie kies, dan sal enigiemand toegang hê tot die item selfs al publiseer jy nie die skakel nie.

  2. Kliek 'Create link'.

  3. Om die skakel na 'n sosiale netwerk te pos, kliek die ikoon vir die sosiale netwerk.

  4. As jy die skakel wil insluit in 'n boodskap met beperkte karakters (soos 'n teks boodskap), of jy wil die skakel deel in 'n gedrukte document, kliek 'Shorten link' om die skakel adres korter te maak. Dit maak die skakel mooier en makliker om in te tik in 'n web leser.

    Nota

    • Om 'n verkorte skakel te gebruik mag dit malk makliker vir iemand maak om te raai wat die adres is vir die items wat jy deel.

 Publiseer na Facebook

Kies hierdie opsie om foto's of videos direk op Facebook te plaas.

Vir foto's:

  1. In die Album naam box, kies 'n huidige album of skep 'n nuwe een.

  2. Indien jy 'n nuwe album skep, voer 'n naam, addisionele beskrywing en kies die Facebook privaatheidsinstellings wat jy wil gebruik vir die album.

  3. Kliek 'Publish'.

Vir 'n video:

  • Voer 'n beskrywing in wat jy wil hê, en kliek 'Publish'.

Om al die items te sien wat jy sover gedeel het

Kliek 'Shared' in the linkerkantste panel en kliek op 'Shared by me'.

Om 'n item nie meer te deel nie, of om mense se toestemmingsvlakte te verander

  1. Kies die kies-boksie in die boonste regterkantste hoek van die gedeelde item, en kliek 'Share' aan die bokant van die bladsy.

  2. Onder 'Shared with', kies die toestemmingsvlak wat jy wil verander. Jy kan 'n person of groep se toestemming skakel tussen 'Edit' en 'View Only', en jy kan ophou om dokumnte te deel deur enige skakels wat jy geskep het.